Skoolreëls
- ONS EREKODE:
- Ons onderneem om hoë prioriteite aan skoolwerk en skoolplig te stel en om ons vrye-tyd verantwoordelik te bestee.
- Ons wedersydse lojaliteit teenoor ons skool, leerlinge, onderwysers en ons ouers is onwrikbaar.
- Ons betoon aan ons meerderes die agting wat hulle toekom en stel aan ons minderes so ’n voorbeeld dat ons van hulle die nodige respek/eerbied ontvang.
- As seun/dogter is dit my eer om die hoogste agting aan my medeskoliere te betoon.
- Dit is ons strewe om eerlikheid, betroubaarheid, vriendelikheid, stiptheid en veral selfbeheersing ten volle uit te leef.
- Ons streef na die bevordering en uitbouing van ’n hartlike verhouding tussen leerlinge en gemeenskap en die vestiging van gesonde menseverhoudinge in ons land.
- Ons onderneem om ons te weerhou van enige ondeurdagte uitsprake en aantygings namens en/of teenoor die skool.
- GEDRAGSKODE:
Die Direksie beskou die gemeenskaplike (ouerhuis en skool) toepassing van die onderstaande skoolreëls as uiters belangrik vir die bevordering van ’n geskikte opvoedingsmilieu.
- LEERLINGE:
DOGTERS:
Hare en naels:
- Hare wat lank genoeg is sodat dit vasgebind kan word, moet met swart of bruin bande en/of swart, bruin of geel rekkies of bolletjies vasgemaak word en met knippies (vasdruk of skuif) vasgesteek word (blink, swart of bruin).
- Kamme en sier-knippe sal nie toegelaat word nie.
- Kuiwe wat so lank is dat dit oor die wenkbroue hang, moet weggekam en vasgesteek word sodat die voorkop oop is.
- Hare mag nie gekleur word nie en geen strepe is toelaatbaar nie.
- Kleurlose naellak is toelaatbaar.
- Op ooghoogte mag die naels nie oor die vingerpunte steek nie.
- Geen “gel” is toelaatbaar nie.
Juwele en grimering:
- Geen hangertjies of ringe mag gedra word nie.
- Slegs goud- of silwerkleurige, klein, dun oorringetjies en deursteek goue of silwer knoppies mag gedra word. Een oorring per oor in die oorlel.
- Horlosies mag gedra word, maar geen armbande of kettinkies nie.
- Dogters mag nie grimeer nie.
- Bogenoemde reëls geld wanneer skooldrag sowel as sportdrag gedra word!!
Siviele drag:
Grimering / Los hare / Naellak op naels / Juwele sal binne perke toegelaat word. (Indien die volgende dag ‘n normale skooldag is, MOET alle grimering, naellak, ens. verwyder wees).
- Die volgende reëls geld vir die dogters se klere:
* BROEKE / ROKKE / ROMPIES MAG NIE MEER AS 4 VINGERS BO DIE KNIE WEES NIE
* GEEN “SPAGHETTI-BANDJIE” TOPPIES OF LAE-HALS TOPPIES NIE
* ONDERKLERE MAG NIE DEURSKYN OF UITSTEEK NIE
* “TIGHTS” MAG NIE MET ‘N KORT TOPPIE GEDRA WORD NIE, SLEGS MET LANG TOPPIES WAT DIE “AGTERSTEWE” TOEMAAK (SELFS WANNEER HULLE VOOROOR BUK OM HUL TASSE OP TE TEL)
Indien ‘n meisie se klere nie hieraan voldoen nie, sal sy dadelik huis toe gestuur word om reg aan te trek.
SEUNS:
Hare en baarde:
- Die nek en gesig moet skoon geskeer wees.
- ’n Seun se hare mag nooit so lank wees dat dit oor sy oë hang as dit na vore gekam word en die ore moet, as dit na agter gekam word, oop wees.
- Hare moet nie bo-op te lank wees nie.
- Geen ”gel” is toelaatbaar nie en hare mag nie gekleur of ”gehighlight” word nie.
- Die bakkebaarde (”side-whiskers”) mag nie verby die gaatjie van die oor gegroei word nie.
- Indien die hare nie reg is op die eerste dag van die termyn nie, word hul dadelik huis toe gestuur. Indien die hare op enige dag gedurende die skooltermyn nie reg is nie, word die leerling 3 dae gegun om dit reg te stel andersins word hy huis toe gestuur om dit reg te maak.
Juwele:
Geen hangertjies mag om die nek gedra word of kettinkies/bande om die arms of bene nie of enige ringe of oorringe nie.
- Bogenoemde reëls geld wanneer skool sowel as sportdrag gedra word.
- Indien reël oortree word, word die item afgevat en vir 1 maand in die kluis gebêre.
Tatoeëermerke:
- Leerlinge van P/Skool Moria mag GEEN tatoeëermerke op hulle liggame aanbring nie.
- Indien ‘n leerling dit het, moet dit tydens alle skoolaktiwiteite bedek word of met ‘n pleister toegeplak word.
SELFONE:
Selfone word GEENSINS by die skool toegelaat nie, behalwe in die volgende gevalle soos hieronder uiteengesit:
- Wanneer daar dringend deur die dag met ‘n ouer/voog gekommunikeer moet word. (In hierdie geval moet die telefoon by die sekretaresse ingehandig word en te alle tye in die kluis bly tot die einde van die dag, behalwe wanneer die oproep gemaak word).
- Wanneer ‘n leerkrag die selfone in sy/haar vak wil aanwend, moet dit ‘n dag voor die tyd met die res van die personeel gekommunikeer word en op die wit bord geskryf word sodat almal bewus is daarvan. Die leerkrag moet ook ‘n aanduiding gee waarvoor die selfone gebruik gaan word. Navorsingsopdragte rakende jou vak moet na skool “ge-google” word.
Selfone moet by betrokke leerkrag (wie se vak) ingehandig word en moet in kluis gebêre word. (Leerkrag moet selfoon weer self teruggee aan leerling.)
- Indien ‘n selfoon by ‘n leerling gevind word, sal die foon met die “simkaart” vir 1 maand in die kluis gebêre word.
ALGEMEEN:
- Verhoudings tussen seuns en dogters wat ’n verleentheid is, sal deur die hoof en personeel op eie diskresie hanteer word.
- Seuns en dogters mag mekaar sydrukkies gee.
- Afknouery en rowwe spel is nie toelaatbaar nie.
- Indien ’n leerling se gedrag, buite skoolverband, van so ’n aard is dat dit afbreuk doen aan die skool se naam, het die hoof met die Direksie se toestemming, die reg om teen hom/haar op te tree.
- Leerlinge wat hulle skuldig maak aan rook, drink en die gebruik van enige vorm van dwelmmiddels of onsedelike aktiwiteite, stel hom/haar bloot aan tydelike of permanente skorsing.
- Bogenoemde aktiwiteite geld op die skoolterrein of enige plek in die openbaar.
- Geen kougom is toelaatbaar nie.
- Geen gom of plakkers mag op banke en mure gebruik of geplak word nie.
- Alle skooleiendom wat deur leerlinge beskadig word sal deur ouers vervang word.
- Daar mag nie op banke gekrap of met Tippex geverf word nie.
- Die Gr. 8 leerlinge en nuwelinge sal onder toesig tydens ’n oriënteringsprogram verwelkom word.
- Die Gr. 8 leerlinge is verantwoordelik vir die voorbereiding van die saal en vir die opruiming van atletiekbyeenkomste wat deur Moria aangebied word.
- Die Direksie en Skoolhoof het die reg om te enige tyd, enige leerling te laat toets vir die teenwoordigheid van alkohol en of dwelmmiddels indien omstandighede dit regverdig. Enige klas kan ook as geheel getoets word.
- Geen selfone word by die skool toegelaat nie. Indien ‘n leerling ‘n selfoon skool toe bring om na skool reëlings te tref (ekstra klasse, vervoerreëlings, ens.) moet dit by die sekretaresse ingehandig word. Indien selfone by leerlinge gevind word, sal hy/sy twee blokdae tydens eksamens by die skool moet leer.
ALGEMENE ORDE:
Voor skool:
- Geen leerling mag voor skool in die oggend in die klaskamers ronddraai nie. Slegs die leerlinge wat op diens is, mag in die klaskamers wees.
As die klok lui:
- Leerlinge moet onmiddellik by hul voogklas aanmeld.
Klaswisseling / klas verlaat / skoolterrein verlaat:
* Alle klasse stap ordelik na die volgende klas.
* Geen leerling word buite klas toegelaat tydens klastyd, sonder ‘n geel kaartjie vir kleedkamer, rooi kaartjie vir algemene sake en ‘n blou kaartjie om die terrein te verlaat.
- Pouse:
* Niemand mag gedurende pouse in die klaskamers wees nie.
* Niemand mag die skoolgrond verlaat sonder toestemming van Skoolhoof of Adjunk-hoof nie.
* Enige aflewerings deur ouers aan leerlinge moet tydens pouse deur die groot skuifhek geskied.
- Afwesigheid:
* ’n Rooi afwesigheidsbriefie moet te alle tye ingevul word indien ’n leerlinge die skoolterrein vroeër verlaat.
* Indien ’n leerling afwesig is moet die ouer dit by die skool skriftelik of telefonies rapporteer.
* Alleen weens siekte of ’n grondige rede mag leerlinge afwesig wees.
* By afwesigheid gedurende ’n toetssessie moet ’n mediese sertifikaat ingedien word.
* Enige agterstallige/uitstaande werk is die verantwoordelikheid van die ouer en die kind om op datum te wees wanneer hy/sy terugkeer skool toe.
* Indien ‘n toets weens afwesigheid nie geskryf is nie, moet leerling gereed wees om die toets op sy/haar eerste dag terug by die skool af te lê.
* Ouers moet poog om alle afsprake vir leerlinge na skoolure te maak.
- GEREELDE OORTREDINGS:
Gereelde oortredings van skoolreëls en/of leerlinge wat die skool se naam in diskrediet bring (gedurende skooldae, naweke, vakansie), kan gevaar loop om eerste waarskuwing te ontvang wat verder kan lei tot skorsing.
- LEIERSKAP:
Geen leerling wat op sy/haar finale waarskuwing is, sal ‘n leierskapposisie beklee nie.