IEB png-01

IEB Independent Examination Board

Die IEB is die onafhanklike Suid-Afrikaanse Assesseringsliggaam waarby Moria geregistreer is. Moria se beskikbare sillabusse word deur die liggaam voorsien en die graad 12 eksamen word deur die IEB opgestel en bestuur.

Hierdie eksamen word internasionaal erken en leerlinge wat in die verlede uitstekend gevaar het in hierdie eksamen, is al toegelaat tot puik tersiêre instellings soos o.a. Oxford, Cambridge, Harvard en Princeton, sowel as by Universiteit van Stellenbosch , Noordwes Universiteit (Potchefstroom) en Universiteit van Pretoria ,sonder enige addisionele vereistes.

Indien u meer wil uitvind aangaande IEB, besoek gerus hulle webtuiste by:
www.ieb.co.za.

IEB Konsessies

‘n Konsessie is ‘n instelling van die IEB om leerlinge met leerprobleme tegemoet te kom.

  • 'n Tipiese voorbeeld is om vir die leerling ekstra tyd te gee om te skryf, of om toe te laat dat 'n aangewese persoon sy/haar vraestel voorlees tydens eksamens.
  • Om so ‘n konsessie te verkry vereis die IEB dat die leerling na ‘n opvoedkundige sielkundige gaan om getoets te word.
  • Moria verskaf die name van kundiges, waarvan ons bewus is, wat die volledige stel toepaslike toetse doen soos vereis deur die IEB.
  • Ouers is egter welkom om die toetse by enige opvoedkundige sielkundige van hul keuse te doen.
  • Wanneer die toets voltooi is en 'n verslag opgestel is duer die kundige, word dit deur die ouer na Mnr. Stander gestuur.
  • Moria kan eers van graad 8 af aansoek doen om ‘n konsessie vir enige leerling.
  • Sou hy/sy 'n konsessie toegestaan word bly die konsessie geldig tot en met die einde van die graad 12 jaar.
  • Moria hanteer slegs die aansoek vir die konsessie. Die toestaan van ‘n konsessie berus nie by Moria nie. Daarom is dit belangrik dat die toetse by ‘n opvoedkundige sielkundige gedoen word wat die volledige stel toepaslike toetse doen.
  • Alle verslae word deur me. Michelle Botha bestudeer en interne konsessies word aanbeveel.
  • Hierdie konsessies(Intern en IEB) is net van toepassing op die eksamens.