Moria Buitemuurs

Om voor `n groep mense `n voordrag te lewer of alleen as individu op die sportveld mee te ding kweek vir ons kinders goeie selfvertroue, oefen deursettingsvermoë, dryf persoonlike prestasie en bou `n positiewe selfbeeld.   Om deel te wees van `n toneelstuk of sportspan bou sosiale vaardighede soos leierskap, kreatiwiteit, probleemoplossing, konflikhantering en die vermoë om aanpasbaar te wees.

Deelname aan buitemuurse aktiwiteite verbeter akademiese prestasie en lei tot `n positiewe houding teenoor die skool.  Die passie vir `n sport- of kulturele aktiwiteit verbeter die breinfunksie, help met konsentrasie, motiveer beter tydsbeplanning, organisasie vermoë en suksevolle selfbestuur.

Buitemuurse aktiwiteite dra by tot `n hegte samehorigheidsgevoel en trots in gesinne, in die skoolgemeenskap van Privaatskool Moria en in ons dorp, Outjo.

Bo dit alles wil ons kinders net nog speel, want al hierdie aktiwiteite is pret en plesier.  Kinders het `n natuurlike liefde vir speel, pret en plesier.  As die pret-en-plesier in speel afneem gaan prestasie ook afneem.

Vir ons Hemelse Vader, wat hierdie talente vir ons gegee het, is die wen of verloor in hierdie aktiwiteite van geen belang nie, maar die gesindheid en die manier hoe ons met mekaar en teen mekaar deelneem dra by tot ons Christelike karakter.

Organiseerders

Almerene-Burger

Almeréne Burger

Kultuurorganiseerder - (081) 270 0525

Michelle-Theunissen-3

Michelle Theunissen

Sportorganiseerder - (081) 487 7704

Sport, Kultuur & Feeste

Skoolsportsoorte

  • Gimnastiek
  • Atletiek
  • Boogskiet
  • Rugby
  • Netbal
  • Hokkie
  • Tennis
  • Skaak

Sportfeeste deur Moria aangebied

  • Atletiek Huissport
  • Atletiek - Sanlam Ontwikkelingsbyeenkoms
  • Boogskiet - Moria Shoot
  • SPAR NAPSO Krieketfees
  • Buildt IT Kermis Sportfees

Kultuuraktiwiteite

  • Debat - Dink of Sink
  • Redenaars
  • ATKV
  • Junior Primêr Konsert
  • Mnr. & Mej. Moria
  • Dans
  • Sangperiode
  • Voortrekkers

Kultuurfeeste

  • Moria verjaar
  • Mnr. en Mej. Moria
  • Nictus NAPSO Kuns- en Kultuurfees
  • Leesweek
  • Idiomestryd
  • Sê-jou-sê aand
  • Moria Sterreaand
  • Moria's Got Talent
  • ATKV Skoletoneel