Geskiedenis van PS Moria

Op 21 Januarie 1991 open Privaatskool Moria op Outjo met 59 leerlinge. 'n Kompetisie is uitgeskryf om die skool se wapen te ontwerp en die leuse en Naam te kies. Hieruit is Moria se naam, wat beteken, “DIE HERE SAL VOORSIEN” gekies, die leuse is vasgestel as: “IN U LIG SIEN ONS DIE LIG”  - (Ps. 36:10) en op die wapen in besluit soos ons dit vandag nog ken. Die skoolgetalle was maar klein en die skool het slegs vanaf  Gr. 1 tot Gr. 9 klasse aangebied. Ses onderwyseresse is aangestel wat elkeen N$ 1000-00 p/maand verdien het. Die eerste skool- en koshuisgeboue was ou geboue wat deur die ouers opgeknap en ingerig is. Daar was vyf klaskamers, ʼn kantoor, ʼn eetsaal en kombuis en twee ou woonhuise was onderskeidelik as meisies- en seunskoshuis gebruik. Die luisteryke opening het toesprake en 'n lintknip-seremonie ingesluit. Daar was nog nie amptelike skooldrag nie en die kinders het die opening bygewoon in gewone klere.​

Die meeste van die eerste leerlinge was plaaslike kinders, maar daar was wel ʼn paar wat van ander plekke afkomstig was. In die eerste jaar was daar nie sport nie  -  hoofsaaklik as gevolg van die klein getal kinders, maar Moria het wel landloop en atletiek gedoen. ​

Die Direksie het ʼn stuk grond buite die dorp gekoop waarop die skoolgeboue opgerig sou word. Daar was genoeg plek vir geboue, sportgronde en tuinery, daarom was die fondasies ook spoedig gelê. Ongelukkig is die plek verkoop, omdat daar nooit genoeg fondse beskikbaar was vir die oprigting van die skool nie.​

Ons Missie & Visie

In ons strewe is dit ons missie om: Elke leerling se uniekheid in ag te neem en individuele ontwikkeling aan te moedig deur: uitnemende akademiese, kultuur en sport standaarde te handhaaf d.m.v.: effektiewe onderrig en afrigting binne die raamwerk van Christelike waardes.

PS Moria Missie

Elke leerling se uniekheid in ag te neem en individuele ontwikkeling aan te moedig deur: uitnemende akademiese, kultuur en sport standaarde te  handhaaf d.m.v.: effektiewe onderrig en afrigting binne die raamwerk van Christelike waardes.

PS Moria Visie

ʼn Wêreldklas skool wat leerlinge tot hulle volle potensiaal ontwikkel deur Christelike beginsels in Afrikaans.

Christelike Karakter

Christelike onderrig en opvoeding is bepalend in alles wat gebeur.

Bybelkunde word van graad 1-12 aangebied

Geestelike aktiwiteite, saamtrekke en kampe word in samewerking met verteenwoordigende gemeentes aangebied.

Verskeie graadkampe word aangebied.

Verskeie graadkampe word aangebied.

Ons Waardesisteem

M

Moraliteit

O

Onderskeidingsvermoë

R

Roeping

I

Integriteit

A

Aksie