Akademiese Raamwerk
Kliek op die gepaste graad om die gepaste akademiese raamwerk te sien.
- Afrikaans
- Bybel
- Engels
- Kuns
- Lees
- Liggaamlike Opvoedkunde
- Landbou en Plattelandse Industrie
- Wiskunde
- Afrikaans
- Bybel
- Engels
- Kuns
- Landbou en Plattelandse Industrie
- Liggaamlike Opvoedkunde
- Lees
- Sosiale Wetenskappe
- Wetenskap
- Wiskunde
- Afrikaans
- Bybel
- Engels
- Kuns
- Landbou en Plattelandse Industrie
- Lees
- Liggaamlike Opvoedkunde
- Sosiale Wetenskappe
- Wetenskap
- Wiskunde
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste addisionele Taal
- Besigheidstudies OF Ingenieursgrafika en ontwerp
- Gasvryheid OF Rekeningkunde
- Biologie
- Fisiese Wetenskappe
- Sosiale Wetenskappe
- Rekenaarstudie
- Wiskunde
- Bybel
- Afrikaans Huistaal
- Bybel
- Besigheidstudies of Ingenieursgrafika en ontwerp
- Biologie
- Engels Eerste addisionele Taal
- Fisiese Wetenskappe
- Gasvryheid en / of Rekenaars
- Sosiale Wetenskappe
- Rekeningkunde
- Wiskunde
- Afrikaans Huistaal
- Bybel
- Besigheidstudies of Fisiese Wetenskappe of Toerisme
- Biologie of Rekenaarstudies of Ingenieursgrafika en ontwerp
- Engels Eerste addisionele Taal
- Lewensoriëntering
- Rekeningkunde of Gasvryheid of Geografie
- Wiskunde of Kwantitatiewe Beredenering
- Afrikaans Huistaal
- Bybel
- Besigheidstudies of Fisiese Wetenskappe of Toerisme
- Biologie of Rekenaarstudies
- Engels Eerste addisionele Taal
- Lewensoriëntering
- Rekeningkunde of Gasvryheid of Geografie
- Wiskunde of Kwantitatiewe Beredenering

Vakinligting
Kliek op die gepaste vak om meer inligting rondom die vak te lees.
Wie bied Bybelkunde aan?
- Graad 1-4 word aangebied deur die klasonderwysers.
- Graad 5-12 word aangebied deur verteenwoordigers uit elke Christelike denominasie wat in die skool verteenwoordig word.
Waarom Bybelkunde?
- Die Here gee op verskeie plekke in sy Woord die direkte opdrag aan ouers en ander volwassenes om sy kinders in die Woord te onderrig. In die boek Deuteronomium ontvang ouers byvoorbeeld die opdrag om Bybelse waarhede by hulle kinders in te skerp as hulle tuis of op pad is, gaan lê of as hulle opstaan. In kort omvat dit die leerlinge se totale lewens, ook hulle onderrig op skool.
- Die skool is 'n verlengstuk van die ouerhuis en daarom wil Moria ook die opdrag aan ouers en ander volwassenes help uitvoer.
Wat leer 'n leerling in hierdie vak?
- Bybelgeskiedenis oor die ontstaan van die Bybel, die geskiedenis in die Bybel vervat en die geskiedenis tussen die Ou en nie Nuwe Testament.
- Bybelkennis word oorgedra met die oog daarop om die leerlinge toe te rus vir hulle diens aan die Here.
- Die Christosentriese lyn: Jesus Christus staan sentraal in die hele Bybel. Die hele Ou Testament is ‘n vooruitskouing van sy koms. Ons sien dit byvoorbeeld in die seëninge wat ‘n aartsvader soos Abraham ontvang, in die talle offers in die Ou Testament wat na Christus se offer aan die kruis wys, en selfs in die uitleg van die tabernakel wat na Christus se ampswerk verwys. In die Nuwe Testament gaan hierdie vooruitskouing in vervulling.
- Die teosentriese lyn: In die aanbieding van Bybelonderrig blyk dit duidelik hoe God die wêreldgeskiedenis in sy hand hou. Dit is die Here wat die lotgevalle van konings, volke en nasies bepaal. Die leerlinge moet daaruit leer om ontsag vir die Here te hê en Hom daarvoor te eer. Hulle moet ook weet wat dit beteken om hulle lewens volgens God se wil en nie hulle eie wil, in te rig nie.
- Die verbondslyn: In die Bybel sien ons telkens hoe God met sy volk in verhouding tree. God sluit met sy volk ‘n verbond. Al verbreek hulle telkens weer die verbond, hou Hy dit nogtans in stand. In die verbond leer ons God se beloftes ken, maar ook sy eise en straf vir diegene wat nie daaraan gehoorsaam is nie. Die leerlinge moet besef dat as hulle saam met ander gelowiges die Here van harte dien, Hy vir hulle ‘n God sal wees wat hulle dra deur hulle lewens.
- Die heilshistoriese lyn: Elke Bybelgedeelte is van betekenis vir God se verlossingsplan met die mens. Jesus Christus kom nie net na die wêreld om sondaars van hulle sonde te verlos nie, maar Hy kom ook weer om oor geloof en ongeloof te oordeel. Alle Bybelse gebeure moet in dié lig onderrig word en mag nie bloot gelyksoortig op ons omstandighede van toepassing gemaak word nie.
- Die antitetiese lyn: God stel vyandskap tussen sy kinders en die duiwel. Hierdie stryd woed deur al die eeue en sal bly voortduur tot en met Jesus Christus se wederkoms as Hy Satan en sy engele finaal kom oordeel. Leerlinge moet weet dat hierdie stryd nie ‘n stryd teen vlees en bloed is nie, maar ‘n stryd teen die owerhede, die magte, die wêreldheerser van die duisternis en die bose geeste in die lug is. Leerlinge moet ook leer dat hulle slegs in die stryd staande sal kan bly as hulle hulleself met die volle wapenrusting van God beklee.
Benaderingswyse:
Deur die volgende vrae oor spesifieke Bybelgedeeltes te beantwoord, onderrig voorgangers leerlinge om nie net die gedeelte beter te verstaan nie, maar dit ook op hulle eie lewens van toepassing te maak:
Leerlinge word aangemoedig om die volgende vrae te beantwoord.
- Wat maak God van Homself in die Bybelgedeelte bekend? Hierdie vraag help die leerlinge om meer oor die wese van God te leer ken.
- Wat leer ons van onsself in die gedeelte ken? Hierdie vraag help die leerlinge om hulleself en hulle eie situasie voor die Here beter te verstaan.
- Watter opdragte gee God in die gedeelte aan sy kinders? Gelowiges moet aktief hulle roeping in God se koninkryk uitleef. Die Here gebruik die optrede van gewone mense om sy wil te laat geskied.
- Watter beloftes gee God in die gedeelte aan ons? Leerlinge moet leer om hierdie beloftes nie net raak te sien nie, maar om dit ook vir hulleself toe te eien.
Bybelkunde leer die student die volgende in Graad 5-7
- Die Bybelgeskiedenis word kronologies aangebied.
- Israel in Egipte tot en met Samuel.
- Die volk se soeke na 'n aardse Koning tot skeuring van die koninkryk van Israel.
- Elia, Elisa, Jesaja.
- Val van die Teinstammeryk.
- Konings van Juda en die Messias.
- Profete tot en met die Nuwe Testament.
- Jesus Christus se lewe op aarde.
- Opstanding, hemelvaart en uitstorting van die Heilige Gees.
Bybelkunde leer die student die volgende in Graad 8 - 9:
- Die groote en samestelling van die Bybel.
- Die Bybel as geinspireerde Woord van God.
- Die geskiedenis van die Bybel se ontstaan.
- Die gesag van die Bybel.
- Die Kanonieke en Apokriewe boeke.
- Die Skepping tot die Aartsvaders.
- Die diens van versoening.
- Rigters, Konings en Kronieke.
- Psalms, Prediker, Hooglied.
Bybelkunde leer die student die volgende in Graad 10-12:
Die Tweestammeryk
Konings
Die Profete
Oorsig van die Nuwe Testament
Grepe uit Lukas
Die tyd tussen die Ou en die Nuwe Testament.
Wat leer die leerling in hierdie vak?
- Besigheidstudies ontwikkel die basiese begrippe, kennis en vaardighede van entrepreneurskap om werk te skep en te bestuur.
- Vaardighede om politieke, ekonomiese, sosiale, tegnologiese, wetlike en omgewings-uitdagings en geleenthede in die moderne sakewêreld te hanteer.
- Die belang van goeie werksgewoontes en roetines, `n positiewe houding teenoor jou werk, kreatiewe denke as entrepreneur en jou Godgegewe verantwoordelikheid teenoor jou naaste en die skepping van God.
Besigheidstudies gee leerling die geleentheid om:
- Die onderskeid en belangrikheid van die verskillende besigheidsomgewings te verstaan.
- Probleme kreatief op te los met strategiese denke.
- Konflik te hanteer en op te los.
- Suksesvolle spanwerk in die werksplek aan te leer.
- Volhoubare bestuur toe te pas.
- Ondernemingshulpbronne te onderhou.
- Volgehoue prestasie en mededingende voordele te bewerkstellig.
- Te onderskei tussen die verskillende vorme van eienaarskap.
- Die impak van wetlike vereistes op `n hedendaagse besigheid te identifiseer.
- Spesifieke ondernemingsfunksies , bestuurstake en verpligtinge van `n besigheidsbestuurder en entrepreneur in die moderne sakewêreld te verstaan en toe te pas.
- Etiese en professionele praktyke in die werksplek te bevorder.
- Korporatiewe beheer te ontwikkel.
- Sosiale verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap en natuur toe te pas.
- Toepaslike besigheidspraktyke soos konsessies (franchises), beleggings en versekering te bestudeer.
Beroepsgeleenthede:
Algemene besighiedsadministrasie vir werksgeleenthede in enige sake-onderneming; Rekeningkundige en finansiële bestuur; Verkope en bemarking; Produksie en produkverskaffing; Aankope; Algemene bestuur; Menslike hulpbronne en personeelbestuur; Openbare betrekkinge; Groot- en kleinhandel; Konsessie-bedryf (franchises); Versekering; Beleggings; Bankwese en finansiële dienste.
Besigheidstudies leer die leerling die volgende in Graad 8 - 9:
Leerlinge kry `n inleiding in besigheidspraktyke en die basiese begrippe van entrepreneurskap en die sakewêreld word geleer.
In graad 8 kry leerlinge die geleentheid om die basiese vaardighede soos aankope, produksie, bemarking, verkope en finasies praktiese te be-oefen op `n entrepreneursdag by die skool.
In graad 9 het die klas die geleentheid om bestuursvaardighede soos spanwerk, beplanning, organisering en leierskap in `n praktiese projek by die skool uit te voer.
Besigheidstudies leer die leerling die volgende in Graad 10-12:
Besigheidstudie in graad 10 tot 12 maak `n indiepte studie van die die verskillende sake-omgewings en die invloed daarvan op `n besigheid. Verskeie besigheidsfunksies en fasette van entrepreneurskap word behandel met die toepassing op `n sekere sakebedryf as hoof onderwerp, wat jaarliks verander word. Dit berei leerlinge voor om uitdagings te hanteer en geleenthede te benut in die moderne sake-wêreld. Leerlinge word geleer om uitdagings en probleme met kreatiewe en strategiese denke op te los. Gedurende hierdie grade kry leerlinge geleentheid om praktiese navorsing by besighede in die omgewing te doen en verslag te doen oor kennis wat ingesamel is.
Benaderingswyse
Teorie word voortdurend gekoppel aan praktyk en dit vereis selfstudie en geintegreerde denke.
Die leerling moet op hoogte wees met wat in die wêreld aangaan. Lees van koerante en kyk van nuus is baie belangrik aangesien die toepassing van teorie en aktuele sake in die besigheidswêreld help om die vak te verryk.
Wat leer 'n leerling in hierdie vak?
Fisiese Wetenskap is ‘n verstaanvak wat hoë orde denke sowel as die vermoë om hard te werk vereis. Die vak word opgedeel in twee kategorieë naamlik Fisika en Chemie. Die student word in beide velde geleer om self te doen en te ontdek en daarom geniet praktiese werk hoë prioriteit. Leerlinge se vermoë om logies te redeneer, verbande te sien, toepassings en gevolgtrekkings te maak word ook ontwikkel.
Fisiese Wetenskap gee leerling die geleentheid om:
- Basiese kennis te verwerf wat betref tegnologiese ontwikkeling op die terreine van behuising, die klere wat ons dra en die kos wat ons eet, sekere materiale wat ons gebruik, mediese diagnoses en behandelings.
- Die invloed van Fisiese Wetenskap op wetenskaplike en tegnologiese ontwikkeling, wat die basis vir ‘n land se ekonomiese groei en sosiale welvaart is, te verstaan en daarmee te werk.
- Die wette en reëls van Fisiese Wetenskap te verstaan en te kan toepas.
Beroepsgeleenthede
Mediese beroepe; Fisiologie, Arbeidsterapie, Fisioterapie, Paramedici, Aptekerswese, BSc met die oog op navorsing , Ingenieurswese, Anallitiese laboratoriumwerk, Argitektuur, Veearts, Landbousektor; Petrochemiese Industrie ; Universiteite en Hoërskole; Regeringsorganisasies; Farmaseutiese nywerhede; Waterrade; Forensiese laboratoriums; Tekstielbedryf; Plant- en prosesbestuurders; Laboratorium assistente; Chemiese analis/modulator
Die vak leer die leerling die volgende in Graad 8 - 9:
Materie en material - Verbindings en chemiese reaksies; Metale en Nie-metale; Sure en basisse
Energie en verandering- Kragte; Stroombane; Veiligheid by elektrisiteit; Koste van elektrisiteit; Elektrisiteitsnetwerke.
Die vak leer die leerling die volgende in Graad 10 - 12:
Golwe, Klank en lig; Elektrisiteit en Magnetisme; Meganika; Kinematika; Newton se Wette; Momentum, Impuls, Arbeid, Energie en Drywing; Gravitasie en Elektriese Velde; Elektrodinamika; Fotone en Elektrone; Materie en; Materiale; Chemiese Verandering; Chemiese Sisteme; Kwantitatiewe Chemie; Chemiese Bindings; Energieverandering en Tempo van Reaksies; Chemiese Ewewig; Sure en Basisse; Elektrochemie; Organiese Chemie.
Benaderingswyse:
Voorbereidheid; Harde werk; Respek; Toewyding; Selfdissipline en Trots is karaktereienskappe wat dit moontlik maak om ʼn suksesvolle student of beroepsmens in hierdie veld te wees.
Wat leer 'n student in hierdie vak?
Die studente gaan individueel na al die verskillende elemente van die toerisme industrie kyk sodat hulle op die ou einde ʼn geheelbeeld van toerismebedryf kan vorm en hoe dit werklik werk. Met daardie kennis stel dit hulle in staat om hul deel ook by te voeg om te verseker dat die toerisme industrie in ons land bly groei. Toerisme is ʼn wye veld wat kreatiewe- en innoverende denke met ope arms verwelkom.
Toerisme gee leerlinge die geleentheid om:
- Spesifieke basiese konsepte en inhoud binne die toerisme industrie te bemeester.
- Die toerisme industrie in afsonderlike sektore te ondersoek en dan ‘n geheelbeeld te vorm oor hoe al die elemente in mekaar skakel.
- Om na ander lande se toerisme inisiatiewe te kyk met die hoop om nuwe unieke benaderings te ondersoek en ontwikkel binne ons eie land.
- Die rede agter volhoubare en verantwoordbare toerisme te verstaan en ook te versprei dat ons verseker is ons land se toerisme bly voortbestaan.
- ʼn Wye verskeidenheid toeriste attraksies reg oor die wêreld te kan ondersoek en te begryp wat die waarde rondom hierdie wêreld wonders is.
- Die uniekheid van talle verskillende kulturele binne ons land en die res van die wêreld te ondersoek.
- Die impak van ons ekonomiese toestand te begryp op grond van die insette wat die toerisme industrie lewer.
- Die aanleer en praktiese toepassing van verskillende vaardighede om toepaslik binne die toerisme industrie te kan funksioneer.
Beroepsgeleenthede – Toergids; veldgidse; reisagente; hotelbestuurders; bestuurders op gasteplase; veldwagters op jagplase; en nog vele meer – legio-beroepe.
Toerisme leer die student die volgende in Graad: 10-12
Ons dek die volgende areas in diepte. Toerisme sektore; kaartwerk en toerbeplanning; toeriste attraksies; volhoubare en verantwoordbare toerisme; plaaslike- streeks- en internasionale toerisme; kulturele en erfenis toerisme; buitelandse valuta; kommunikasie en kliëntediens; en bemarking.
Benaderingswyse:
Entoesiasme; Voorbereidheid; Respek; Netheid; Harde werk; Toewyding; Selfdissipline en Trots is karaktereienskappe wat dit moontlik maak om ʼn suksesvolle student of beroepsmens in hierdie veld te wees.
Wat leer 'n leerling in hierdie vak?
Leerlinge leer om hulle eie liggame en die wêreld rondom hulle te verstaan. Leerlinge kry die geleentheid om praktiese vaardighede soos die wetenskpalike metode wat noodsaaklik is vir navorsing en mikroskoopvaardighede aan te leer. Kritiese denke en kreatiewe probleemoplossings vir relevante omgewingskwessies.
Die vak gee die leerling die geleentheid om:
- Die natuurlike wêreld deur teorie, praktiese ondersoeke en besprekings te ontdek.
- Die impak van wetenskap op die omgewing te verstaan.
- Teorie voortdurend te koppel aan die praktyk.
- ‘n Lewenslange liefde vir ontdekking in die natuurlike wêreld aan te wakker en kritiese denke te ontwikkel om kreatiewe oplossings te bied vir relevante omgewingskwessies.
Beroepsgeleenthede:
Alle mediese rigtings. Let wel daarop dat sommige tersiêre instansies nie Lewenswetenskap vereis nie. Dit is egter baie moeilik indien die leerling slegs met basiese biologiese kennis instap in hul eerstejaar aangesien hul alle voorkennis self sal moet instudeer. Maak seker by die instansie oor die voorvereistes vir die studierigting.
Nog moontlike beroepe sluit in: Veeartseny, Aptekerswese, Landbou, Onderwys, Skoonheidskunde, Sielkunde, Genetika, Mikrobiologie, Virulogie, Plantpatologie, Bewaring, Ekologie, Entomologie (insekkunde), BSc met die oog op navorsing, Paramedies, Laboratoriumtegnikus (bloedtoetse ens).
Die vak leer die leerling die volgende in Graad 9-10
Basiese praktiese vaardighede in die Lewenswetenskaplike studieveld; Selle en selorganelle; Menslike stelsels van die liggaam;
Die vak leer die leerling die volgende in Graad 10-12
Praktiese vaardighede (mikroskoopwerk; disseksies en wetenskaplike metode; Selle en mitose; Plant- en dierweefsels; Beweging van stowwe oor membrane; Selrespirasie en menslike asemhalingstelsel; Fotosintese en voeding in die mens; Ekologie; Biochemie – die belang van biologiese molekules; Klassifikaasie en biodiversiteit; Die ontstaan van lewe op aarde ; Fossiele en massauitwissings; Ekologie (verhoudings tussen organismes en hul omgewing); Senuweestelsel van die mens; Die werking van die oog; Bloedsomloopstelsel van die mens; Ekskresiestelsel van die mens; Mikroörganismes (virusse, bakterieë, fungi en Protista) en hul effek en belangrikheid in die natuur; Die mens se impak op die omgewing; Genetika; Evolusie; Ekologie en bevolkingsdinamika; Endokrienestelsel; Voortplanting in plante, diere en die mens.
Benaderingswyse
Die leerling behoort ‘n natuurlike ondersoekende geaardheid te hê. ‘n Honger na meer kennis oor die natuurlike wêreld en ‘n beter begrip van hul eie rol in die ekosisteem is ‘n voorvereiste. Aangesien Lewenswetenskap so ‘n wye kennisarea dek en die IEB verwag dat leerlinge kennis buite die leerplan moet hê, sal die leerling gereeld selfondersoek oor relevante onderwerpe moet doen. Die hoeveelheid werk vereis selfdissipline om elke dag se werk te hersien en konsepte vas te lê. Leerlinge moet verskillende areas kan integreer en etiese kwessies kan beredeneer.
Wat leer jy in hierdie vak?
RTT is ’n vak wat toewyding en selfdissipline vereis, omdat sukses afhang van die konsensieuse uitvoering van oefeninge op ‘n rekenaar. RTT bestaan uit ’n praktiese en teoretiese afdeling uit. Die praktiese afdeling leer die leerlinge om hulle tyd goed te gebruik met die hoeveelheid ofening wat dit verg om die inhoud te bemeester. Hulle leer die vaardighede aan om probleme op te los deur die gebruik van die Microsoft Office pakette. Aan die einde van Graad 12 sal hulle rekenaargeletterd wees en kan hulle rekenaar vaardighede in enige beroep gaan benut.
Die teoretiese afdeling van RTT leer die leerling wat die verskil is tussen harde- en sagteware, hoe belangrik dit is om tegnologie met goeie maniere te gebruik en ook watter implikasies te vore kan kom en hoe om dit te hanteer.
Rekenaartoepassingstegnologie gee die leerling geleentheid om:
- ‘n lewensvaardigheid aan te leer wat jy daagliks gaan teekom.
- Rekenaargeletterd te wees wat ‘n vereiste is in elke beroep.
- ‘n voorsprong te kry, omdat dit ʼn vereiste is in die 1ste jaar van elke kursus op Universiteit, deur verskeie vaardighede te ontwikkel
- direk na skool die arbeidsmark te kan betree.
- groot hoeveelhede inligting te verwerk.
- ‘n lewenslangleerder te wees deur op hoogte te bly van die nuutste tegnologieë.
- Kommunikasie vaardihede te ontwikkel.
Beroepsgeleenthede:
Programmering, Rekenaar tegnikus, Stelsel/netwerk bestuur, Inligtingsstelsels, Rekenaar hardeware, webblad ontwerper, sagteware ontwerper, rekenaartoepassingtenologie onderwyser, tegniese hulp/ondersteuner, rekenaar bemarking, stelsel analiseerder, rekenaar wetenskaplike, Databasis administrasie, Databasis ontwerper, rekenaar ingeneur.
Rekenaartoepassingstegnologie leer die leerling die volgende in Graad 8 – 9:
- MS Word (Dokumente)
- MS Excel (Sigblaaie)
- MS PowerPoint (Aanbiedings)
- NotePad++ (webblad ontwerp)
Rekenaartoepassingstegnologie leer die leerling die volgende in Graad 10 – 12:
Teorie:
- Stelseltegnologieë
- Netwerk en Internet tegnologieë
- Sosiale implikasies
- Oplossingsontwikkeling
- Rekenaarbestuur
- Inligtingsbestuur
Prakties:
- MS Word (Dokumente)
- MS Excel (Sigblaaie)
- MS Access (Databasisse)
- MS PowerPoint (Aanbiedings)
- NotePad++ (Webblad ontwerp)
Benaderinswyse
Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) is ten doel om die digitale gaping te oorbrug. Dit word bereik deur die leerders se vaardighede te ontwikkel in die gebruik van harde- en sagteware. Hulle benodig ook eiensappe soos netheid, stiptelikheid, hardwerkendheid, selfgedissipline en akkuraatheid om suksesvol te wees in hierdie veld aangsien dit ’n veld is wat konstant verander en verbeter. Leerlinge leer ook hoe om alledaagse probleme op te los deur hulle onderskeie vaardighede te gebruik. Dit sluit die prosesse van inligtingsbestuur en -kommunikasie in, deur die toepaslike gebruik van IKT (Inligtings- en kommunikasietegnologie).
Wat leer 'n student in hierdie vak?
Met Ingenieursgrafika en Ontwerp leer die student om kreatiewe denke en tekenvaardighede te kombineer om probleme in die meganiese, siviele en elektriese ingenieursvelde op te los en hierdie oplossings te kan voorstel as werkstekeninge.
Ingenieursgrafika en Ontwerp gee leerlinge die geleentheid om:
- Idees grafies te kommunikeer deur gebruik te maak van tekeninstrumente en rekenaargebaseerde tegnologie.
- Spesifieke basiese konsepte en inhoud binne die Meganiese, Siviele en Elektriese Tegnologie te ondersoek.
- Verskeie instrument- en vryhand tekentegnieke en vaardighede te ontwikkel.
- Aktief te leer deur die oplos van tegnologiese probleme met behulp van grafiese kommunikasie op kreatiewe wyse.
- Projekte uit te voer deur gebruik te maak van die ontwerpproses.
- Kennis op ʼn konstruktiewe wyse toe te pas.
- “ROT” (“CAD”) as metode om tekeninge saam te stel te implementeer.
- Positiewe houdings, persepsies en aspirasies binne die ingenieurs- en tegnologiese beroepe te ontwikkel.
Beroepsgeleenthede – Argitektuur; Ingenieurswese - Siviel, Meganies, Lugvaart, Mariene, Landbou; Mynwese; Industriële ontwerper; Binnehuise ontwerper; Landskap argitektuur; Bourekenaar; Boubedryfbestuur; Stads- en Streeksbeplanner; Landmeters; Grafiese illustreerder; Juweelontwerper; Modelbouer; “ROT”-tekenaar; Tegnikus; Vervaardiger; Onderwyser; Vakman; Mediese tegnikus.
Ingenieursgrafika en Ontwerp leer die student die volgende in Graad 8 - 9:
Basiese tekentegnieke; Drukskrif; Vryhand-tekeninge; Instrumenttekeninge; Konstruksies; Isometriese konstruksie; Ortografiese projeksie.
Ingenieursgrafika en Ontwerp leer die student die volgende in Graad 10 - 12:
Masjientekeninge; Prentaansigte (Isometries, Perspektief, Skuinstekeninge); Beskrywende meetkunde (punte en lyne in die ruimte); Deurdringing en Ontvouing; Lokusse; Siviele tekeninge (Huisplanne); Rekenaar Ondersteunde Tekeninge (ROT/CAD)
Benaderingswyse:
Stiptelikheid; Voorbereidheid; Respek; Netheid; Akkuraatheid; Toewyding; Selfdissipline en Trots is karaktereienskappe wat dit moontlik maak om ʼn suksesvolle student of beroepsmens in hierdie veld te wees. Ingenieursgrafika en Ontwerp - studente sal hierdie vaardighede en waardes aanleer wat strek buite die inhoud van die vak.
Ingenieursgrafika en Ontwerp sal by Privaatskool Moria vanaf Januarie 2020 aangebied word vir Graad 8 - 10 en daarna elke jaar met aanbieding in elke graad aanskuif, totdat dit in 2022 tot en met Graad 12 aangebied sal word.
Lewensoriëntering is die studie van die self in verhouding tot ander en die samelewing. Dit spreek vaardighede, kennis en waardes aan oor die self, die omgewing, verantwoordelike burgerskap, 'n gesonde en produktiewe lewe, sosiale betrokkenheid, ontspanning en fisieke aktiwiteit, loopbane en loopbaankeuses. Dit sluit in geleenthede om deel te neem aan die ontwikkeling en 'n verskeidenheid lewensvaardighede om probleme op te los, om ingeligte besluite en keuses te neem en toepaslike optredes te neem om sinvol en suksesvol te leef in 'n vinnig veranderende samelewing. Dit fokus nie net op kennis nie, maar benadruk ook die belangrikheid van die toepassing van vaardighede en waardes in lewenswerklike situasies, deelname aan fisieke aktiwiteite, gemeenskapsorganisasies en inisiatiewe. Lewensoriëntering is een van die vier fundamentele vakke wat vereis word vir die Nasionale Senior Sertifikaat, wat beteken dat dit verpligtend is vir alle leerders in graad 10, 11 en 12. Dit is 'n unieke vak deurdat dit 'n holistiese benadering toepas tot die persoonlike, sosiale, intellektuele, emosionele, spirituele, motoriese en fisieke groei en ontwikkeling van leerders. Dit moedig die ontwikkeling aan van 'n gebalanseerde en selfversekerde leerder wat kan bydra tot 'n regverdige en demokratiese samelewing, 'n produktiewe ekonomie en 'n verbeterde lewensgehalte vir almal.
Die onderwerp bevat die volgende ses onderwerpe in graad 10 tot 12:
1) Ontwikkeling van die self in die samelewing
2) Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid
3) Demokrasie en menseregte
4) Loopbane en loopbaankeuses
5) Studievaardighede
6) Liggaamsopvoeding
Weens die onderling verwante en holistiese aard van die onderwerpe, funksioneer die ses onderwerpe van Lewensoriëntering interafhanklik en is as ewe belangrik beskou. Die tyd wat aan elke onderwerp bestee word, kan wissel en moet nie as maatstaf gebruik word nie van die belangrikheid van die onderwerp.
Lewensoriëntering is daarop gemik om:
1) leerders te lei en voor te berei om toepaslik op die verantwoordelikhede en geleenthede van die lewe te reageer;
2) leerders toe te rus om optimaal met mekaar te kommunikeer op 'n persoonlike, sielkundige, kognitiewe, motoriese, fisieke, morele, geestelike, kulturele en sosio-ekonomiese vlak;
3) leerders te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite oor hul eie gesondheid en welstand te neem;
4) leerders bloot te stel aan hul grondwetlike regte en verantwoordelikhede, aan die regte van ander en aan kwessies van diversiteit;
5) leerders toe te rus met kennis, vaardighede en waardes om ingeligte besluite te neem oor vakkeuses, loopbane, geleenthede vir addisionele en hoër onderwys en die wêreld van werk;
6) leerders bloot te stel aan verskillende studiemetodes en vaardighede rakende assesseringsprosesse en
7) stel leerders bloot aan die waarde van gereelde deelname aan fisieke aktiwiteit.
Wat leer 'n leerling in hierdie vak?
Rekeningkunde is ’n verstaanvak wat hoë orde denke vereis sowel as die vermoë om noukeurig en presies te werk. Leerlinge word geleer om ’n geheelbeeld/prentjie te kry met elke oefening, voordat die oefening aangepak word. Die leerling leer dus om die inhoud eers volledig deur te lees voordat daar met die vrae begin word. Baie klaswerk moet teen tyd gedoen word vir die inoefening van hierdie vaardighede.
Rekeningkunde gee ‘n leerling die geleentheid om:
- Rekeningkundige prosesse te leer ken en vaardighede in te oefen.
- Beter insig in eie begrotings en die hantering van eie finansiële sake te hê.
- ʼn Beter begrip te vorm van werksituasies en bestuursbesluite.
Beroepsgeleenthede:
Rekenmeester/Ouditeur, Bankwese, Finansiële bestuur, Finansiële adviseur, Makelaar, Interne ouditeur, Statistikus, Bemarker, Finansiële adviseur, Belastingkundige, Forensiese rekenmeester en Beleggingskonsultant. Alle B. Com-grade; Kosterekenmeester.
Rekeningkunde leer die leerling die volgende in Graad 8 - 9:
Rekeningkundige vergelyking E=B-L. KOJ en KBJ(Kasboek) asook DJ, DAJ, KJ en KAJ. Algemene Grootboek, Debiteure Grootboek en Krediteure Grootboek, Inkomstestaat en Balansstaat; Winsberekeninge.
(Minimum vereiste om voort te gaan na Graad 9 = 60%)
Rekeningkunde leer die leerling die volgende in Graad 10 - 12:
Finansiële state (Maatskappye, Eenmansaak, Vennootskap). Ontleding van state; BTW; Kontantbegroting; Bankversoening; Kontantvloeistate.
Benaderingswyse:
Rekeningkunde word praktykgerig aangebied en konsentreer daarop om leerlinge met praktiese vaardighede toe te rus om hulle beroepsgereed te maak. Leerlinge ontwikkel karaktereienskappe soos deeglikheid, akkuraatheid, netheid, redenasievermoë, integriteit; toegewydheid en georganiseerdeid.
Rekeningkunde is nie ‘n voorvereiste vir verdere B.Com studies nie maar dit is ’n sterk aanbeveling.
Vakinhoud:
Die vak bestaan uit ‘n teoretiese en praktiese komponent. Die leerlinge doen teorie, klaspraktiese en Restaurant-aande, asook eksamenpraktiese (PVT’s). Die prakties behels Voedsel-en Drankbereiding, aanbieding en bediening. Leerders word toegerus met basiese vaardighede om die arbeidsmark te betree. Restaurantaande word na ure aangebied, 4ure voedselvoorbereiding en dan bediening van voedsel en drank daarna.
Die persoon wat belangstel om ‘n loopbaan in die bedryf te volg moet oor die volgende eienskappe beskik:
- Goeie menseverhoudinge – dus goed in ʼn span kan funksioneer
- Goeie organisatoriese vaardighede
- Kreatiwiteit
- Insig om teoretiese kennis te bemeester
Verwante leerareas
- Rekenaartoepassingstegnologie
- Toerisme
- Lewenswetenskappe
- Rekeningkunde
- Bedryfstudies
Werksmoontlikhede varieer vanaf voedselvoorbereiding, kitskosondernemings, die ondernemende entrepreneur tot ‘n loopbaan in hotelbestuur, restaurantbedryf
Geografie is die studie van menslike en fisiese omgewings. Dit is 'n vak wat onderwerpe wat verband hou met fisieke en menslike prosesse kombineer en bestudeer oor ruimte en tyd. Met die gebruik van Geografie kan ons ons komplekse wêreld beter verstaan. In Fisiese Geografie ondersoek ons byvoorbeeld die natuurlike prosesse en funksies, insluitend die atmosfeer, landvorme en ekosisteme. In Menslike Geografie ondersoek ons die aktiwiteite en impak van mense op aarde. Die konsep wat Geografie verenig, is ruimte wat ondersoek word. Alle geografiese verskynsels het 'n ruimtelike dimensie en werk in 'n voortdurend veranderende omgewing.
Teorie (9)
Kaartevaardighede (fokus: topografiese en ortofotokaarte), Ontwikkelingskwessies (fokus: Suid-Afrika en die wêreld), Oppervlakkragte wat die aarde vorm (Fisiese Geografie) en Hulpbrongebruik en volhoubaarheid (fokus: Wêreld)
Teorie (10-12)
Klimatologie, geomorfologie, Nedersettings, Mense en hul behoeftes.
(Alles is gebasseer op Suid-Afrika en die wêreld)
Geografie doelstelling
Tydens graad 9, 10, 11 en 12 word leerders gelei om die volgende kennis en vaardighede te ontwikkel:
- fisiese sowel as menslike geografiese prosesse te verduidelik en te interpreteer;
- die dinamiese onderlinge verband tussen die fisiese en menslike wêrelde te beskryf en te verduidelik;
- kennis te ontwikkel oor waar plekke is, en die aard van verskillende plekke op verskillende skale;
- die beoefening van noodsaaklike oordraagbare vaardighede - geletterdheid, gesyferdheid en grafika;
- die bevordering van die gebruik van nuwe tegnologieë, soos inligtingskommunikasietegnologie (IKT) en geografiese inligtingstelsels (GIS);
- die ontwikkeling van 'n verbintenis tot volhoubare ontwikkeling;
- bewustheid en sensitiwiteit vir ongelykheid in die wêreld te skep;
- empatie, verdraagsaamheid en billikheid te bewerkstellig; en
- ingeligte besluite en uitsprake oor sosiale en omgewingsake te neem en te regverdig.
Kaartwerk
Meer prakties : Vrae beantwoord en berekeninge d.m.v die bestudering van topografiese kaarte en ortofoto’s. (Alle kaarte is van Suid-Afrika)
Studierigtings
- Onderwys
- Geologie
- Toergids
- Klimatologie
- Weervoorspeller
Wat die leerling kan verwag
Aardrykskunde is ‘n vak wat hoë kognitiewe denkvlakke vereis. Aardykskunde is baie toepassing en interpretasie van sketse, foto’s, kaarte en leesstukke. Dit is baie werk en die leerder moet hard leer om die toepassing en interpretasie te kan doen
Inhoud
Wiskunde bestaan uit 2 hoofareas, met 10 onderafdelings:
- Algebra, Rye en Reekse, Waarskynlikheid, Finansie, Funksies en Calculus
- Analitiese en Euklidiese Meetkunde, Statistiek en Trigonometrie
Minimum vereistes
Die basiese aanbeveling is dat ‘n leerder ten minste 60% vir Wiskunde in Gr. 9 moet hê om Wiskunde te neem. Leerders wat swakker punte kry in Gr. 9 kan wel Wiskunde neem, maar moet besef dat hulle sal sukkel en dit waarskynlik nie sal kan volhou tot in Matriek nie. Leerders wat Fisiese Wetenskap wil neem moet in staat wees om Wiskunde tot in Matriek te kan neem, aangesien Wiskunde nou ‘n voorvereiste is vir Fisiese Wetenskap.
Wiskunde Geletterdheid is ook ‘n vrystellingsvak daarom glo ek nie daaraan dat ‘n kind moet vasklou aan Wiskunde oor studievereistes nie, as ‘n kind met Wiskunde sukkel op skool, is dit ‘n aanduiding dat dit dalk die verkeerde studierigting is, dit raak nie makliker op Universiteit of Kollege nie. Ek ervaar dat die gesukkel later al die ander vakke beïnvloed.
Die oorgang van Wiskunde na Wiskunde Geletterdheid is egter maklik, daarom glo ek nie dis ‘n fout as leerders maar so lank as moontlik probeer vasbyt met die Wiskunde nie, tensy hulle Fisiese Wetenskap ook het. Indien wel, mag daar nie van vak verander word na die eerste eksamen in Gr. 10 nie. Die afsnypunt vir oorgang van Wiskunde na Wiskunde Geletterdheid, sonder Fisiese Wetenskap, is egter einde Gr. 11, in Gr. 12 moet hulle die regte vak hê aangesien hulle dan ook begin met portefeulje projekte en belangrike werk kan mis! Vir meer inligting, sien ook ons Wiskunde vakbeleid wat beskikbaar is by die skool.
Moontlike studierigtings
- Medies
- Veearts
- LLB en B.rek
- Arbeidsterapie
- Onderwys
- Enige B.Sc en B.Com rigting ens.
- Ingenieurswese, enige tipe
- Bourekenaar
- Aktuaris
Wat die leerling kan verwag
Wiskunde is regtig baie moeiliker as Wiskunde Geletterdheid, dis werklik net ‘n handjievol kinders wat met IEB Wiskunde kan aanhou tot in Matriek. Ek weet egter dat dit hulle baie help op Universiteit en dat die standaard voldoende is, die terugvoering van studente wat IEB Wiskunde gehad het is baie positief!
Gevorderde Wiskunde
Om die vak Gevorderde Wiskunde te neem is ‘n geleentheid wat ons aan ons Wiskunde leerders bied om hulle beter toe te rus vir skool Wiskunde asook vir verdere studies. By die meeste ingenieurs rigtings op Universiteit is dit slegs ‘n breukdeel leerders wat nie Gevorderde Wiskunde gehad het op skool nie, sulke kinders sukkel ook baie meer.
Hierdie vak vereis ‘n A in Wiskunde vir toelating en leerders moet aanlyn aansoek doen en goedgekeur word. Die vak word aanlyn gedoen deur leerders, hulle ontvang al hulle studiemateriaal aanlyn en studeer self, daar is aanlyn seminare waaraan hulle kan deelneem en hulle ontvang tutoriale aanlyn wat op sekere datums ingehandig moet word. Dit is dus baie soos nagraadse studies oor die pos en berei leerders voor om self te werk.
Ek, Corna Holtzhausen, fassiliteer hierdie vak, dit beteken hulle formele toetse en eksamens word onder my toesig afgelê en ekstern gemerk. Aan die einde van die jaar kry leerders ‘n aparte Gevorderde Wiskunde rapport wat hulle nagraadse aansoeke kan bevoordeel. Ons beoog om, in die toekoms, ‘n periode/graad/week, van Gr. 10 af, af te staan aan Gevorderde Wiskunde in skooltyd. Ek beveel hierdie vak sterk aan vir enige leerder wat bo 80 % kan kry vir Wiskunde.
Moontlike studierigtings
- Medies
- Veearts
- LLB en B.Rek
- Arbeidsterapie
- Onderwys
- Enige B.Sc en B.Com rigting ens.
- Ingenieurswese, enige tipe
- Bourekenaar
- Aktuaris
- Enige vak waarin Wiskunde op Universiteit geneem word
Wat die leerling kan verwag
Gevorderde Wiskunde neem baie ekstra tyd in beslag, jy sal soms moet werk wanneer jy eerder sou wou speel of rus. Die voordele is egter waardevol, op skool en veral na skool! Dit is egter eers na skool wat baie leerders die waarde van hierdie vak besef.
Wat leer ‘n leerling in hierdie vak?
Wiskunde Geletterdheid leer vir die kind die basiese wiskundige begrippe en hoe om dit in die wêreld daar buite te gebruik. Dit leer leerlinge om praktiese probleme op te los en krities na data te kyk. Dit poog om die stigma van “wiskunde is moeilik” te verander na “wiskunde is noodsaaklik vir my dag tot dag bestaan”.
Die vak gee die leerling die geleentheid om:
- gapings in hul wiskundige begrip te hersien en reg te stel
- hul liefde vir wiskunde te herontdek
- wiskunde prakties toe te pas in dag tot dag situasies
- ‘n algemene begrip te hê rondom finansies om verantwoordelik hul grootmenslewe te begin
- probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel
- kritiese denke te ontwikkel oor data wat gepubliseer word
- ‘n baie goeie punt op hul matrieksertifikaat te kry vir Wiskunde Geletterdheid wat deure kan oopmaak vir toelating tot tersiêre instansies se koshuise.
Beroepsgeleenthede
Dit is noodsaaklik dat u seker maak by die universiteit of ander instansie waar u kind na skool verdel wil studeer of hul met Wiskunde Geletterdheid die spesifieke rigting kan volg. Dit verskil ongelukkig van instansie tot instansie.
Regte, arbeidsterapie, tandheelkunde, verpleging, mondhigiënis, onderwys, joernalistiek, kommunikasiekunde, enige BA rigting, enkele BSc en BCom rigtings.
‘n Student het na vier jaar se studies sy Wiskunde Geletterdheid onderwyser bedank met die volgende woorde :
‘Dankie dat meneer my Wiskunde Geletterdheid geleer het. Dit het my alles geleer oor hoe om my eie besigheid te bestuur sodat ek nou Wiskundiges kan aanstel om die Wiskunde te doen.’
Die vak leer die leerling die volgende in Gr 10 – 12:
- Getalle en Bewerkings in konteks:
- + ; - ; x ; ÷
- Afronding
- Getalbegrip en –skryfwyses
- Verhoudings en koerse
- Persentasies
- Finansies
- Begrotings
- Kosprys, Verkoopprys en wins
- Rente en rentekoerse
- Inflasie
- Belasting
- Lenings
- Annuïteite
- Huurkoop
- Lees en interpretasie van elekrisiteits- en waterrekeninge
- Tarriefstelselsberekeninge
- Werkloosheidsversekering
- Kaarte, Skale en planne
- Opstel en interpretasie van verskille skale
- Lees en berekeninge van afstande op verskillende karate
- Rigting
- Lees van huisplanne en ander vloerplanne
- Volg van instruksies vir die aanmekaar sit van meubels ens.
- Meting
- Afstande
- Gebruik en omskakelings tussen verskillende meeteenhede
- Tyd (aflees van vertrektye in lughawes en trein-/busstasies en berekeninge in hierdie konteks)
- Gebruik van Pythagoras vir oplos van praktiese probleme
- Berekening van omtrek, oppervlak en volume in alledaagse probleme (soos om die hoeveelheid verf te bereken met ‘n sekere dekkoers om ‘n huis uit te verf)
- Buite-oppervlakte van verskillende vorms om koste van produksie van produkte en hul verpakking te bereken.
- Datahantering
- Die wetenskaplik korrekte manier om ‘n grafiek te teken
- Die interpretasie van grafieke
- Kritiese denke oor die manier waarop grafieke opgestel word om inligting oor te dra
- Statistiek en die belangrikheid daarvan in besigheid.
- Waarskynlikheid
- Om die moontlike uitkoms van ‘n situasie te bepaal sodat jy jou kanse op sukses beter kan bepaal
- Die gevaar van te veel opsies te herken
Benaderingswyse
‘n Oop kop en positiwitiewe ingesteldheid teenoor die vak om wiskunde te beleef in praktyk soos nog nooit vantevore nie. Hier word die vraag ‘Waar gebruik ek dit wat ek leer ooit in die wêreld daar buite?’ uiteindelik beantwoord. Leerlinge moet elke probleem self probeer en konsekwent werk om die beste moontlike waarde uit die vak te put. Stelselmatig sal jou selfvertoue in jou wiskundige vermoëns terugkeer.
Wat leer 'n student in hierdie vak?
Drie groot afdelings naamlik lees, praat en skryf word onderskei, maar dit word met mekaar geïntegreer.
Afrikaans Huistaal gee leerlinge die geleentheid om:
- Kreatief te dink en verbeelding te gebruik met skryf opdragte.
- Verskillende tipes skryf opstelle en formaat van verskillende transaksionele stukke aan te leer.
- Gedigte te ontleed en beter te verstaan.
- Lees vermoë te verbeter.
Beroepsgeleenthede – Vertaler, tolk, diplomaat, joernalis, radio- en TV-kopieskrywer, onderwyser, reklamewese, kommunikasie, buitelandse inligtingsdiens, skakelbeampte.
Afrikaans Huistaal leer die student die volgende in Graad 8 - 9:
Taal, Prosa, Poësie terminologie, Transaksioneel- en opstel skryfwerk.
Afrikaans Huistaal leer die student die volgende in Graad 10 - 12:
Drama terminologie, Poësie analisering en terminologie, Korrekte formaat van transaksionele skryfwerk, Prosa terminologie.
Benaderingswyse:
Afrikaans word aan die hand van die IEB-vereistes onderrig en deurlopend geassesseer. Die fokus val op die vaslegging en uitbreiding van taal en geletterdheid en word deur prestasie-omskrywings gerekordeer.
Wat leer 'n student in hierdie vak?
Drie groot afdelings naamlik lees, praat en skryf word onderskei, maar dit word met mekaar geïntegreer.
Afrikaans Huistaal gee leerlinge die geleentheid om:
- Kreatief te dink en verbeelding te gebruik met skryf opdragte.
- Verskillende tipes skryf opstelle en formaat van verskillende transaksionele stukke aan te leer.
- Gedigte te ontleed en beter te verstaan.
- Lees vermoë te verbeter.
Beroepsgeleenthede – Vertaler, tolk, diplomaat, joernalis, radio- en TV-kopieskrywer, onderwyser, reklamewese, kommunikasie, buitelandse inligtingsdiens, skakelbeampte.
Afrikaans Huistaal leer die student die volgende in Graad 8 - 9:
Taal, Prosa, Poësie terminologie, Transaksioneel- en opstel skryfwerk.
Afrikaans Huistaal leer die student die volgende in Graad 10 - 12:
Drama terminologie, Poësie analisering en terminologie, Korrekte formaat van transaksionele skryfwerk, Prosa terminologie.
Benaderingswyse:
Afrikaans word aan die hand van die IEB-vereistes onderrig en deurlopend geassesseer. Die fokus val op die vaslegging en uitbreiding van taal en geletterdheid en word deur prestasie-omskrywings gerekordeer.