PS Moria Beheerliggaam

Komplekse onderwys-uitdagings maak alreeds 30 jaar deel uit van Moria se daaglikse roetine. Die gemeenskap van Outjo skroom egter nie om die verantwoordelikheid vir die aanbieding van uitnemende onderwys in ons dorp aan te pak nie. Hierdie gesindheid laat my besef dat Privaatskool Moria begenadig is met ’n besondere span wat bestaan uit ouers, personeel, ondersteuners en leerlinge wat Moria instandhou en ontwikkel.

Die volgende faktore geniet deurlopend prioriteit  -  karakterontwikkeling, personeelvoorsiening, finansies, skepping en onderhouding van ’n onderwysgerigte infrastruktuur, ’n geskikte leerplan en die dinamika tussen die ouerhuis, skool en leerlinge.

Deur hierdie faktore die aandag te gee wat dit verdien, bedien Moria ’n trotse skoolgemeenskap, dorp, land en die koninkryk van God, met uitnemende onderwys.

Indien jy wil deel vorm van ’n skoolgemeenskap waar Christelike familiewaardes geld, plattelandse vryheid en gasvryheid deel vorm van leerlinge se daaglikse roetine en geleenthede op akademiese-, sport- en kultuurgebied nie terugstaan vir enige ander skool binne Namibië nie,  is Moria die skool waarby jy jou kinders kan kom inskryf.

Kyk gerus na hierdie webtuiste en dit wat ons vir jou en jou kind kan saamstel in ’n pakket. Kyk ook na die planne vir ontwikkeling en die realisering van dinamiese planne om die onderwyservaring elke dag te verbeter  -  of kom kuier vir ons in Outjo en maak Moria deel van jou en jou kinders se onderwyservaring.

Ek nooi jou en jou kinders uit: ”Kom groei saam met Moria!!”

Bestuurslede

Loutjie-Grobler-2

Louwtjie Grobler

Skoolhoof - (081) 222 0102

20240126_070210

Pieter-Willem Esterhuizen

Administratiewe Hoof

Akademiese Bestuur

Moria se akademie word beplan en bestuur deur die Skoolhoof en vier Fasehoofde:

  • Fasehoofde is aangestel om toe te sien dat die onderwysers in daardie fase toegerus is met die korrekte en voldoende vakmateriaal.
  • Fasehoofde kontroleer die onderwysers se klasaanbieding, vakbeplannings en vakassesserings en moderering van alle vraestelle en antwoordstelle in sy/haar fase.

Afsprake met onderwysers oor akademiese aangeleenthede?

  • Ouers is welkom om na skooltyd (13:00) met onderwysers te skakel en ‘n afspraak te maak.
  • Onderwysers maak nie afsprake in skooltyd van 7:00-13:00 nie.
  • Afsprake kan Maandae of Donderdae tussen 13h10 en 15h00 gemaak word.
  • Moria verkies dat ‘n fasehoof die afspraak bywoon. Onderwyser sal dus die fasehoof in kennis stel van enige afsprake.
  • Ouers is ook welkom om afsprake met ‘n onderwyser via die fasehoof te maak.
Lizette-Carstens

Me. Lizette Carstens

Pre-primêr en Graad 1-3

Loutjie-Grobler-2

Mnr. Louwtjie Grobler

Graad 4-7

Juan-Pierrie-Gonsalves

Juan-Pierrie Gonsales

Graad 8 - 9

Carmin-Liebenberg

Carmin Liebenberg

Graad 10 - 12

PS Moria Direksie

Samestelling/pligte van Direksie

  • Ouers van Privaatskool Moria is verkiesbaar as direksielede en enige ouer wat ten minste een jaar ‘n ouer van Privaatskool Moria is, mag genomineer word om op die direksie te dien.
  • Nege direkteure word amptelik verkies deur die ouers van die skool.
  • Direkteure doen drie jaar diens, maar is na drie jaar herverkiesbaar.
  • ʼn Voorsitter en ondervoorsitter word jaarliks verkies.
  • Direkteure word verkies vir die volgende portefeuljes/bestuursareas: Finansies; Personeel; Fasiliteite; Akademie; Buitemuurs; Projekte; Boerdery; Koshuis.  Direkteure se take behels die beplanning, opstel en uitvoering van aksiestappe ten einde die betrokke portefeuljes/bestuursareas doeltreffend te laat funksioneer.
  • Ongeveer 8 (agt) vergaderings word jaarliks gehou en daar word van direkteure verwag om sover moontlik alle vergaderings by te woon.
  • Direkteure streef daarna om ten alle tye die visie, missie en karakter van die skool uit te leef en te bevorder deur woord en daad.
  • Direkteure kan betrek word by dissiplinêre sake met leerlinge en klagtes vanaf ouers.
Pieter Willem Esterhuizen 2

Mnr. Pieter Willem Esterhuizen

Voorsitter / Bemarking / Fasiliteite

Koch Pretorius 2

Mnr. Koch Pretorius

Ondervoorsitter / Boerdery / Fasiliteite / Koshuis

Buc Louw web

Mnr. Buc Louw

Finansies

IMG-20250224-WA0064

Hannes de Haast

Akademie / Kultuur / Personeel

Ryno du Toit

Mnr. Ryno Du Toit

Sport

Danie J v Vuuren 002 3

Mnr. Danie Janse van Vuuren

Projekte

Jannie-van-Niekerk.jpg-2

Mnr. Jannie van Niekerk

Projekte

Derek Scholtz_n2

Mnr. Derick Scholtz

Projekte